Die banting-boek waarop almal gewag het! Uiteindelik! 'n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies. Die Banting-oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit: verskaf antwoorde op Banters se dringendste vrae; skiet die mites wat rondom Banting ontstaan het, aan flarde; bevat handige maaltydplanne en Banting-vriendelike voedsellysies; verskaf wenke oor wat om te doen wanneer gewigsverlies tot stilstand kom; help jou om voedseletikette te verstaan; en wys jou hoe om te Bant sonder om die bank te breek, en dat almal die leefstyl kan volg. Maar die heel belangrikste - die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto's. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.
Les mer
Die banting-boek waarop almal gewag het! Uiteindelik! 'n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies.
Banting het 'n fenomeen in Suid-Afrika geword, met Die kosrevolusie en Low carb is lekker, waarvan saam meer as 200 000 eksemplare verkoop is;Die boek fokus daarop om mense te help wat Die kosrevolusie gekoop het, maar nog nie heeltemal weet hoe om die banting-leefstyl te volg nie, asook diegene wat pas daarmee begin het;Dit beantwoord 'n horde vrae wat gereeld gestel word oor die banting-leefstyl - hoe om te begin, wat jy mag eet en wat nie, en hoe om jou gewig permanent reg te hou;Informatiewe en inspirerende inhoud: 'n Hele aantal gevallestudies en voor-en-na foto's;Skrywers is kenners in hul vakgebied, ondersteun deur intensiewe navorsing
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9781776090365
Publisert
2016-04-16
Utgiver
Vendor
Penguin Books (South Africa)
Vekt
500 gr
Høyde
234 mm
Bredde
153 mm
Dybde
15 mm
Aldersnivå
01, G
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
320

Biographical note

Bernadine Douglas is die stigter van die Slender Slim 4 U Banting Clinics-groep. Sy bied ondersteuning en advies aan kliente deur sosiale media en persoonlike konsultasies. Sy beskik oor diplomas in persoonlike voeding en voedingsterapie, en sal in 2016 'n kwalifikasie in sportvoeding behaal. Bridgette Allan het haar loopbaan as geregistreerde verpleegster en vroedvrou begin. Sy het verskeie kwalifikasies in alternatiewe geneeskunde verwerf, asook diplomas in persoonlike voeding en voedings-terapie. Sy bestuur 'n geintegreerde welstandspraktyk waar sy 'n holistiese benadering volg om kliente se leefstylsiektes te help korrigeer.