Jan Christiaan Smuts was 'n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar 'n leierskapsvakuum. In Afrikaner sonder grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wereldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op 'n verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek. Afrikaner sonder grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en 'n groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.
Les mer
Jan Christiaan Smuts was 'n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar 'n leierskapsvakuum. In Afrikaner sonder grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9781868427420
Publisert
2017-05-01
Utgiver
Vendor
Jonathan Ball Publishers SA
Vekt
500 gr
Høyde
233 mm
Bredde
152 mm
Aldersnivå
G, G, 01
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
300

Forfatter

Biographical note

Richard Steyn is 'n oud-Matie wat 'n praktiserende prokureur was voordat hy die regsberoep vir die joernalistiek verruil het. Hy was redakteur van Natal Witness in Pietermaritzburg van 1975 tot 1990, 'n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit in 1985/'86, en hoofredakteur van The Star van 1990 tot 1995. Daarna was hy vir vyf jaar Standard Bank se direkteur van korporatiewe sake en kommunikasie voordat hy weer voltyds begin skryf het.