In die afgelope bykans 30 jaar het ’n groot leemte ontstaan aan omvattende verwysingsbronne en handboeke in die Afrikaanse taalkunde wat op universiteitsvlak voorgeskryf kan word. In 2014 word hierdie leemte gevul deur Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Die feit dat ’n tweede, hersiene uitgawe slegs drie jaar later verskyn, beklemtoon weereens die groot behoefte aan so ’n bron. Die samestelling van hierdie boek bied ’n nuwe blik op die taalkunde en het wye gebruikspotensiaal omdat dit die kernvelde van die taalkunde, en in die besonder van die Afrikaanse taalkunde, dek. Sodoende gee dit nuwe lewe aan ’n belangrike komponent in die bestudering van die Afrikaanse taal: die taalkunde en alles wat daarmee saamhang. Inhoud en konsepte strek van die ontstaan en aard van die Afrikaanse taal, leksikografie en dokumentontwerp tot fonetiek, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek, pragmatiek, taalverwerwing en die normatiewe taalkunde. Al die bestaande hoofstukke is op datum gebring, en ’n ekstra hoofstuk oor sintaksis is bygevoeg om nuwer sieninge te weerspieël. Bydraes deur spesialiste in die onderskeie velde bied daarom die nuutste navorsing en ’n verskeidenheid teoretiese vertrekpunte met die Afrikaanse taalkunde as fokus. Nuwe en moontlik selfs omstrede standpunte sal akademiese gesprek stimuleer, terwyl elke hoofstuk nasionale en internasionale ontwikkelinge op die bepaalde gebied voorlê aan ’n nuwe geslag studente, onderwysers, akademici en taalpraktisyns.
Les mer
Inhoud en konsepte strek van die ontstaan en aard van die Afrikaanse taal, leksikografie en dokumentontwerp tot fonetiek, fonologie, morfologie, semantiek, taalverwerwing en die normatiewe taalkunde.

Produktdetaljer

ISBN
9780627034374
Publisert
2017-01-17
Utgiver
Vendor
Van Schaik Publishers
Vekt
500 gr
Høyde
245 mm
Bredde
170 mm
Dybde
15 mm
Aldersnivå
U, 05
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
576