Norme vir Afrikaans (nou reeds in ’n sesde uitgawe) het sedert 1989 bewys gelewer dat dit ’n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiêre instellings en selfs in skole. Die boek is aan die een kant ’n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. Aan ander kant word in die aanpak probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. Dat die outeur hierin geslaag het, is bewys deur die gereelde bywerk van die boek en die wye gebruik daarvan. In die besonder fokus die boek op die verskeidenheid “norme” wat ’n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng “normatief” te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou al deeglik gevestig as ’n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent en navorser. Daar word ook rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel “Moderne Standaardafrikaans”, wat ’n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te moderniseer vir ’n nuwe geslag gebruikers. Die riglyne van die elfde uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) (2017) is volledig in hierdie uitgawe verreken.
Les mer
’n Naslaanbron met ’n fokus op die norme wat in gedagte gehou word by die praktiese gebruik van Afrikaans. Daar word rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans.

Produktdetaljer

ISBN
9780627036095
Publisert
2018-01-18
Utgiver
Vendor
Van Schaik Publishers
Vekt
955 gr
Høyde
245 mm
Bredde
170 mm
Aldersnivå
UU, UP, 05
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
552

Forfatter

Biographical note

Prof. W.A.M. Carstens was tot einde 2017 dosent in die Afrikaanse taalkunde in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Sedert 2018 is hy buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde in die navorsingseenheid Tale en litera