’n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike huis met ’n
blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot;
agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden
het sewe dae om dié moord op te los en ’n testament te vind. En die
moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind, die spore is vaag,
die enigste leidraad ’n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede
dollars toegedraai het. Miskien báie dollars . . . En wanneer alles
skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer
skarrel: Militêre Intelligensie, die CIA, Moord en Roof,
georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe dieper hy delf, hoe
meer lae hy van dié ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798157438
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter