Die Afrikaanse literatuur het ’n aangrypende lewe in Afrika oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in ’n boeiende takelwerk verse, in ’n kennis van die aand en deur die oë van ’n siener in die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange swerfjare deur. Nie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige lesers – die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van skeppende arbeid, wat die patrone moet oplê en die teoretiese lense instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman. Akademies gesproke is Perspektief en profiel ’n onontbeerlike handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literêre gesprek. Dit bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die “profiel” in die boektitel), maar is ook ’n bestekopname van verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en ’n kartering van die gebied, vandaar die “perspektief”. Dit toon by implikasie oortuigend aan hoedat die Afrikaanse letterkunde aansluit in suid-suid-verband met ander literature van die halfrond, en ondersoek die historiese en tydgenootlike noord-suid-bande en -spanninge. Ook verken dit die skryftegnieke en die produksie en resepsie van die Afrikaanse teks in Afrika. Dis ’n boek wat sensitief is vir die polities-kulturele omgewing wat steeds omvorm word deur die momentum geskep deur die koms van demokrasie in 1994. Eerder as om ’n literatuurgeskiedenis te probeer wees wat die finale woord wil spreek en ondubbelsinnig kanoniseer, word die literatuur hier as strydperk aangebied. Hierdie veelstemmige gesprek matig sigself as literatuurgeskiedenis nie objektiwiteit aan nie, maar huldig verskeidenheid en teenspraak. Perspektief en profiel toon aan dat die Afrikaanse letterkunde diep geënt is in die kontinent Afrika. Dit boekstaaf die geestesprestasie van mense aan die suidpunt van ’n uitdagende kontinent. Dit is mense wat rekenskap gee van hul ontheemding en twyfel, maar ook van inburgering en liefde vir die land, van verwantskap met landgenote wat ander geskiedenisse en huistale het. Dis ’n literatuur van hierwees en aanhanklikheid aan plant en dier, landskap en leemte. Perspektief en profiel verskyn tydens die groot wending. Dis ’n tyd waarin die Boek soos geslagte dit sedert Gutenberg geken het weens die oorgang na digitaliteit onder beleg kom. Die tydsbesteding aan ernstig lees as aktiwiteit verskraal en hierdie boek is ’n tydige herinnering aan die tydsaamheid en denke wat in ’n literatuur opgesluit is. Die boek verdien ’n staanplek in elke Afrikaanssprekende gesin se boekrak of lêplek in hul e-boek-biblioteek. Dit is onontbeerlik vir die student en die akademikus. As jy wil weet hoe jou voorgeslagte hul hierwees verwoord het en hoe jou tydgenote jou eie situasie stem gee, is hierdie boek jou toevlug. Deel 2 – Verkorte inhoud: ’n Oorsig van die Afrikaanse drama en teater van 1990 tot 2010 ’n Perspektief op die Afrikaanse drama van 1906 tot 1966 Die vroueskrywer in die Afrikaanse letterkunde ’n Perspektief op die Afrikaanse literêre tydskrifte ’n Perspektief op kinder- en jeugliteratuur
Les mer
’n Nuwe bygewerkte en uitgebreide uitgawe van Perspektief en profiel (Deel 1, 2 & 3) – die mees omvangryke en resente literatuurgeskiedenis in Afrikaans. Die perspektiewe en profiele is ingrypend hersien (daar is weglatings en veral toevoegings) en ook anders gerangskik.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780627031052
Publisert
2016-03-16
Utgiver
Vendor
Van Schaik Publishers
Vekt
500 gr
Høyde
245 mm
Bredde
170 mm
Dybde
15 mm
Aldersnivå
G, 01
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
1092

Redaktør