Feliks bly alleen op ’n strand. Sy mense het weggetrek sonder hom. Die wêreld het verander. Dit het jare laas gereën. Toe ’n seilskip vol wreedaardige ysbere hul opwagting maak is hulle oortuig Feliks kan hulle gaan wys waar om die laaste ys op aarde te vind. Op hul swerftog die vreemde in begin Feliks besef hul reis kan die wêreld verander …
Les mer
Feliks bly alleen op ’n strand. Sy mense het weggetrek sonder hom. Die wêreld het verander. Dit het jare laas gereën. Toe ’n seilskip vol wreedaardige ysbere hul opwagting maak, is hulle oortuig Feliks kan hulle gaan wys waar om die laaste ys op aarde te vind.
Les mer
’n Heerlike, aksiebelaaide lekkerleesverhaal vir kinders, perfek vir voorlees of selflees. Daar is baie min fantasieverhale vir jong lesers in Afrikaans beskikbaar, daarom vul hierdie boek ’n belangrike gaping in die mark. Die gewilde kunstenaar David Griessel se fyn, verbeeldingryke illustrasies maak van hierdie werklik ’n uitsonderlike, betowerende pragpublikasie.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780799389258
Publisert
2019-04-01
Utgiver
Penguin Random House South Africa
Vekt
300 gr
Høyde
230 mm
Bredde
167 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
208

Forfatter

Biografisk notat

Leon de Villiers is een van die mees bekroonde skrywers van kinder- en jeugboeke in Afrikaans. Hy is onder meer met die Scheepersprys, die Sanlamprys, die M.E.R.-prys, die ATKV-kinderboektoekenning, die C.P. Hoogenhouttoekenning en die Alba Bouwerprys bekroon. Van die kinderboeke wat uit sy pen verskyn het, sluit in Droomoog Diepgrawer, Die Groot Koelte, Erik en die kido-dinges, Parmant, Maroelaboomstories en Aliens en engele. In 2015 is ’n rolprent gebaseer op sy jeugboek Die pro vrygestel.