Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het,
is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en
sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. ’n
Karnallie van ’n fout. Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek
was die werk van ’n professionele laksman – drie slagoffers, drie
perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van
’n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus
– wat Griessel laat bloed sweet nie. Twee van die oorledenes is
lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke. Moeilikheid. Heel agter,
in die hoofslaapkamer, is tekens van ’n gestoei, en te veel bewyse
dat iemand ontvoer is. Bes moontlik ’n buitelander. Groter
moeilikheid. Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel
spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die
Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere
Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet ’n
vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul
eer – en die demokrasie – te red. Maksimum moeilikheid.
Read more
Product details
ISBN
9780798165051
Published
2015
Edition
1. edition
Publisher
NB Publishers
Language
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Author