Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm
en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik
sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels,
Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige
hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na
’n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik
sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie
swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van
die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne
verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat
dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van
die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n
motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan
hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na
Amanzi … In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die
moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer,
met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog
vele nuwe lekkertes daarby.
Read more
Product details
ISBN
9780798173865
Published
2016
Edition
1. edition
Publisher
NB Publishers
Language
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Author