Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes
uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is
daar 'n legendariese olifantbul - Oupoot - wat losbreek van sy trop
... Oupoot en Saul het 'n vreemde band tussen hulle. In die groen
skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard,
deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg
verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy
dier-broer – saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk
deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Saul
volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd
sal verander.
Read more
Product details
ISBN
9780624065579
Published
2015
Edition
1. edition
Publisher
NB Publishers
Language
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Author