Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as
“Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe
agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in ’n
onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik – en hy moet nou
binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, ’n
medestryder wat gyselaar gehou word.Maar die losprys wat hy saam met
hom moet neem, is gevaarlik – ’n hardeskyf met sensitiewe
inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoë
doen om hom te keer.En nou word die jagter die prooi. Op ’n
“geleende” BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy
vorder, hoe stywer span die net om hom.Spanning uit die boonste rakke;
’n boek wat geen leser sal kan neersit nie.
Read more
Product details
ISBN
9780798157476
Published
2015
Edition
1. edition
Publisher
NB Publishers
Language
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Author