Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle! Gelukkig ontdek Erik dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem!
Read more
Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om.

Product details

ISBN
9780799340754
Published
2007-10-01
Publisher
LAPA Publishers
Weight
100 gr
Height
212 mm
Width
137 mm
Age
J, 02
Language
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Number of pages
72

Illustrated by

Biographical note

Nicolene Louw het grafiese ontwerp aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en later haar meestersgraad in illustrasie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Nicolene woon tans in Pretoria waar sy klasgee en werk as ’n vryskutillustreerder, ontwerper en beeldende kunstenaar. Haar primêre belangstelling is narratiewe illustrasie en die vertel van outentieke stories deur middel van illustrasies en strokiesprente. In 2008 het sy die Scenario-prys by die Internasionale Fumetto-strokiesprentfees in Lucern, Switserland, gewen. Haar werk word gereeld plaaslik en oorsee gepubliseer en uitgestal.