Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so ’n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd druk Ben ’n uitstekende drie … maar onder die verkeerde pale! Sy hartjie voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in die Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie. Ben en die groot wedstryd is ’n lieflike storie wat kinders leer dat dit almal soms foute maak en dat dit jou nie moet onderkry nie, maar dat jy eerder uit foute kan leer en altyd weer probeer.
Les mer
Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so ’n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink.

Produktdetaljer

ISBN
9781779880345
Publisert
2025-03-01
Utgiver
LAPA Publishers
Vekt
100 gr
Høyde
280 mm
Bredde
210 mm
Dybde
3 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
32

Forfatter
Illustratør

Biografisk notat

Zuléka Smit is ’n lief-vir-die-lewe onderwyseres en motiveringspreker met ’n passie vir jongmense en skryf. Sy is gebore in Kroonstad, maar ’n geswore Bolander wat ná skool haar B.Ed onderwysgraad cum laude aan die Kaapse Technikon Wellington Kampus behaal. Sy begin haar loopbaan in die Paarl waar sy reeds die afgelope 15 haar lewe daaraan wy om klein mensies voor te berei vir die lewe en ’n stewig fondasie te lê in hul lewens. Sy is tans voltyds koshuismoeder by ’n hoërskool waar sy haar passie vir die opvoeding en leiding van jongmense verder uitleef. Zuléka is by uitstek ’n familiemens en is getroud met Johan. Hulle het 2 pragtige kinders, Karli en Heini.Johann Strauss is an expert when it comes to illustrations for children's books. This talented illustrator illustrated all the books in the Ben-series.