Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes. Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak ’n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak ’n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou ’n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika. Met fantastiese foto's, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat ’n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien. Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is ’n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld.
Les mer
Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wereld beter kan leer verstaan. Dit is 'n moet-he-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wereld.
Les mer
Dorling Kindersley is 'n wereldwye markleier op die gebied van toeganklike niefiksie vir kinders, en LAPA bied hierdie pragtige wetenskapboek in 'n bekostigbare gehalteformaat aan;Die kombinasie van fantastiese, prettige projekte en eksperimente met verduidelikings van wetenskaplike inligting en konsepte, maak hierdie boek 'n besliste aanwins vir enige kind se boekrak;Perfek vir skoolprojekte
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780799390650
Publisert
2019-01-01
Utgiver
Penguin Random House South Africa
Vekt
400 gr
Høyde
276 mm
Bredde
216 mm
Dybde
30 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
160

Forfatter

Biografisk notat

Robert Winston is 'n bekende Britse professor, mediese dokter, wetenskaplike, skrywer en die aanbieder van verskeie BBC-televisiereekse oor die wetenskap.