Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Elke boek in die reeks bevat: • ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; • helder, kindervriendelik illustrasies; • ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne" gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is! Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.
Les mer
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Boek 9 en 10 (Vlak 1) in hierdie gewilde leesreeks stel die beginnerleser aan die “i”- en “u”-klank bekend.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9781776356607
Publisert
2021-11-01
Utgiver
LAPA Publishers
Vekt
100 gr
Høyde
420 mm
Bredde
297 mm
Dybde
15 mm
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
28

Illustratør

Biografisk notat

Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil José en Reinette Palmer met die Leer my lees-reeks 'n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip bevorder. Zinelda McDonald is ’n kunstenaar wat in Kaapstad woon saam met haar musikant-man, Deon, en hulle twee katte. Sy het ’n honneursgraad in Grafiese Ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf en illustreer meestal kinderboeke en ontwerp voorblaaie vir jeugliteratuur. Sy het al ’n paar toekennings gekry vir haar werk (twee ATKV Woordveertjies asook ’n Exclusive Books/IBBY SA 2017 toekenning). Sy’s dankbaar vir die pryse, maar selfs meer dankbaar dat sy al saam met wonderlike skrywers soos Jaco Jacobs, Marita van der Vyver en Fanie Viljoen kon werk.