Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend en is reeds baie gewild. Elke boek in die reeks bevat: ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne" gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê. Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
Les mer
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan eenvoudige klanke bekend. Elke boek bevat ’n kort, prettige storie wat help om kinders se leesvaardighede te ontwikkel, asook aktiwiteite om begrip en woordeskat speel-speel vas te le.
Les mer
Meer as 354 900 kopiee van hierdie gewilde reeks is reeds verkoop

Produktdetaljer

ISBN
9780799384062
Publisert
2018-02-01
Utgiver
Penguin Random House South Africa
Vekt
50 gr
Høyde
212 mm
Bredde
137 mm
Dybde
2 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
24

Illustratør

Biografisk notat

Zinelda McDonald is ’n kunstenaar wat in Kaapstad woon saam met haar musikant-man, Deon, en hulle twee katte. Sy het ’n honneursgraad in Grafiese Ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf en illustreer meestal kinderboeke en ontwerp voorblaaie vir jeugliteratuur. Sy het al ’n paar toekennings gekry vir haar werk (twee ATKV Woordveertjies asook ’n Exclusive Books/IBBY SA 2017 toekenning). Sy’s dankbaar vir die pryse, maar selfs meer dankbaar dat sy al saam met wonderlike skrywers soos Jaco Jacobs, Marita van der Vyver en Fanie Viljoen kon werk.