Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders! Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak! Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in; Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas; Woordsoekblokke; Spelspeletjies; Letterblokke; Kriptogramme en ander briljante breinboelies. Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.
Les mer
Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim 2 bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.
Les mer
Jaco Jacobs is tans die gewildste kinderboekskrywer in Afrikaans en sy naam is 'n sterk handelsmerk in hierdie genre. Hy is veral bekend vir sy prettige, kindervriendelike verse; Hierdie bekostigbare speletjiesboek is nie net prettige vermaak nie, maar is ook 'n nuttige opvoedkundige hulpbron wat kan help om kinders se taalvermoë en -kennis 'n hupstoot te gee; Perfek vir tuisvermaak of ekstra aktiwiteite in die klaskamer; Woordspeletjies help kinders met: - beter spelling - die uitbrei van woordeskat - probleemoplossingsvaardighede - die opskerp van algemene kennis.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780799398007
Publisert
2020-03-02
Utgiver
Penguin Random House South Africa
Vekt
1000 gr
Høyde
280 mm
Bredde
210 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
56
Forfatter
Illustratør