Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Leer my lees met Tippie, Vlak 5 is die perfekte oorbruggings-reeks, voordat kinders ’n verskeidenheid tekste met selfvertroue, uitgebreide woordeskat en begrip kan lees. Die Leer my lees-reeks bevat kort, prettige stories oor alledaagse avonture wat vermaaklik is en waarmee die leser kan identifiseer, maar woordeskat, taal en begrip word tegelykertyd ontwikkel. Elke boek bevat ’n woordeskatlys, begripsvrae, hoer orde denkvrae, vrae om visuele geheue te stimuleer asook verskeie taalaktiwiteite gebaseer op die leesstuk. Titels in die Vlak 5-reeks: 1. Tippie en Buks juig 2. Tippie se vakansie 3. Tippie en die tandemuis 4. Tippie in die wildtuin 5. Tippie se plan 6. Tippie en die kompetisie 7. Tippie braai vleis 8. Tippie en Buks speel 9. Tippie en die skaapskeerders 10. Tippie en die orkes
Les mer
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Leer my lees met Tippie, Vlak 5 is die perfekte oorbruggings-reeks, voordat kinders 'n verskeidenheid tekste met selfvertroue, uitgebreide woordeskat en begrip kan lees.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9781776353132
Publisert
2021-12-21
Utgiver
LAPA Publishers
Vekt
1000 gr
Høyde
212 mm
Bredde
137 mm
Aldersnivå
E, 04
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
24

Illustratør

Biografisk notat

Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil José en Reinette Palmer met die Leer my lees-reeks 'n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip bevorder. Zinelda McDonald is ’n kunstenaar wat in Kaapstad woon saam met haar musikant-man, Deon, en hulle twee katte. Sy het ’n honneursgraad in Grafiese Ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf en illustreer meestal kinderboeke en ontwerp voorblaaie vir jeugliteratuur. Sy het al ’n paar toekennings gekry vir haar werk (twee ATKV Woordveertjies asook ’n Exclusive Books/IBBY SA 2017 toekenning). Sy’s dankbaar vir die pryse, maar selfs meer dankbaar dat sy al saam met wonderlike skrywers soos Jaco Jacobs, Marita van der Vyver en Fanie Viljoen kon werk.