In Diena van Die Eike bedryf Diena die losieshuis op Burgershoek –
buite bereik van die skaduwee wat oor haar verlede hang. Tot die dag
dat Melt Fouché op haar drumpel staan. Toe wéét sy: die verlede, in
die persoon van dié briljante geneesheer, het haar ingehaal. In Boeie
van goud vra Charmain haar af: Hoekom het Quintus de la Harpe met haar
getrou as hy haar nooit werklik sy vrou wou maak nie? Sy het hom lief,
maar moet toekyk hoe sy skoonsuster en niggie wedywer om sy aandag.
Wanneer Marius de la Harpe en Jacques Taute haar pad kruis, raak die
situasie nog meer onverstaanbaar . . . En in Kaalvoet Katryntjie dring
Katryn Klem se hovaardige voog, Festus Dumas, daarop aan dat sy ná
haar pa se dood by hom moet kom bly. Sommer vir die grap gee Katryn
voor sy is ’n giggelende tiener, nie ’n verpleegster van twintig
nie. Maar dié grap boemerang toe sy, met ’n hart wat pyn van haar
onverklaarbare liefde, moet toekyk hoe die listige Shirley Rossouw
haar voog probeer verlei . . .
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624080084
Publisert
2016
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter