In ’n Vrou soos Salome sien die joernalis Jaco Retief ’n
weerloosheid in Salome Truter – die liefling-ster van die
sangverhoog. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar
agter die openbare beeld ’n oneindige hartseer skuil . . . In Die
vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker en ontdek
dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n
lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie.
Dis ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie! En
in Die pad terug huis toe beland gesogte model Karina Oosthuizen in
’n grusame motorbotsing wat haar blind en verlam laat. Onverwags is
daar iemand wat vir haar – en haar moeder – toevlug bied in ’n
pragtige wit huis by die see. En dis perfek ingerig vir ’n persoon
in ’n rolstoel. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as
sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as
kind so verneder het?
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624083474
Publisert
2017
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter