In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die
verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n middeljarige man in ’n
silwergrys Mercedes het op straat ’n onwelvoeglike voorstel aan ’n
vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie
doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’s
dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind
het . . . In Môre lê ver word die verwende rykmansdogter Tania
Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling
onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Teen haar wil en sin
word sy ’n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is
aan beter nie. En dié les leer sy by Rocco Roux, haar pa se nuwe
plaasbestuurder, wat sy verag om sy sosiale stand, maar
onweerstaanbaar aantreklik vind as man . . . En in Die meisie van
Klaradynstraat het prokureur Owen Kemp Elsa Brits van haar
agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde
van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is
tot die agterstrate nie. Selfs in die mees vooraanstaande huise is
daar geheime onderstrominge en hartseer. So het Isobel, Owen Kemp se
dogter, alles wat haar hart begeer, en tog word sy deur erge mismoed
geteister . . .
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624084938
Publisert
2018
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter