Baas van Babilon gaan oor ’n blitshuwelik, erfgrond, twee broers –
Deon die losbol teenoor die stil, sterk Calvyn met die bitter hart –
en ʼn onskuldige meisie wat as nuwe bruid op die plaas nie aanvaar
word nie omdat sy nie met “agtergrond” en status kan spog nie. Dis
enkele van die elemente van dié komplekse familiedrama. Sal Babilon,
spogplaas van die hovaardige De Ridders, vir Salome net ʼn tussenspel
wees? Sal sy haar siel behou op hierdie tradisieryke erfgrond waarin
die bitterheid, haat en tweespalt soveel diep onstuimige rivierlope
uitgekerf het? In As die wiel draai word die ryk Killians van
Ebenhaeser bankrot verklaar en hulle verloor eindelik hul erfgrond,
Ebenhaeser. Dis toe dat al Charlene se lugkastele vir haar toekoms in
duie stort. Maar daar is hoop: Charlene en haar pa word gevra om na
Ebenhaeser terug te keer. Die nuwe eienaar, Henk de Beer, eertydse
bywonerseun, se vriendelike aanbod blyk egter nie so onskuldig te wees
as wat dit wil voorkom nie. In Vyf vir vreugde moet Doktor Louwda
Louw, kindersielkundige, tot haar eie verbasing vind dat sy instemmend
antwoord op ʼn onverwagse huweliksaanbod van Ruben Brynard, ʼn
verbitterde prokureur. Op die oog af skort daar niks, maar wanneer
Louwda ná die troue by Ruben se huis opdaag, wag daar ’n erge
verrassing op haar. Hoe gaan hierdie vrou, wat al net so sinies as
haar man geraak het oor die lewe, haar jammerlike situasie in vreugde
omskep?
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624071723
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter