In Gasheer van Drakeneiland kry vyf vreemdelinge ’n aanbod: Gaan hou
’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning?
Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n
Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland.
Aanvanklik ’n avontuur, weldra ’n nagmerrie in die hart van die
hel. Wat soek ’n laboratorium in ’n grot in die middel van
nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net ’n stem oor ’n
luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit?
Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se
bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de
Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus
met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol? In Die droster
van Doringbaai is die droster ene Koos van der Merwe, of so stel hy
homself voor. Met sy verskyning op die dorp, en met dié van die
geheimsinnige skilder, Zuna Steyl, begin sake skeefloop: ongelukke
vind plaas en ’n vreemde spanning ontwikkel onder die werkers van
Sebastiaan Stadler se visfabriek wat deur sy neef, Eghardt Landman,
vir hom bestuur word terwyl hy van ‘n hartaanval herstel. Maar dis
nie al nie. Petra Pelser, Sebastiaan se verpleegster, volg hom een nag
wanneer hy geheimsinnig verdwyn. Iets is gaande in die groot toring
– maar wat? In Net ná middernag word daar een Saterdagnag, toe die
kerkhorlosie sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, ’n moord
gepleeg op dié rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en
verbasing word die prokureur se lyk die Saterdagoggend in die
pastorietuin gevind. Kaptein Deon Roux word ontbied en saam met die
speurder leer ons die mense van Driedoring ken – die gewilde
dominee, die bekwame skoolhoof, die Badenhorsts met hul vinnige
humeure, die mooi, senuweeagtige predikantsvrou, die nuuskierige
dokter en sy goeie vrou, die orreliste met haar bewondering vir die
dominee, en les bes: Marie Grebe, die jeugliefde van die prokureur wat
nou met die skoolhoof getroud is en versot is op speurverhale . . .
Saam met kaptein Roux is die leser warm op die spoor van die
moordenaar – of is dit ’n dwaalspoor?
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624074298
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter