Drie van Ena se beste verhale: In Waters van Silóa tref die ergste
moontlike lot vir Petra Prinsloo: die huwelik van haar beeldskone
suster met dokter Eugene Minnaar, die één man wat vir Petra als
beteken. Sy wend haar tot die eksklusiewe kliniek van beroemde
plastiese chirurg Klaus Wagner met die opdrag: Maak my ook beeldskoon.
In Rabbedoe van Rietkuil is Wynand Hechter, baas van die spogplaas
Rietkuil, verontwaardig toe hy sien sy nuwe voorman is toe al die tyd
’n “voorvrou”. Maar Nicolette Bezuidenhout ken van haar man
staan. En toe ontpop die rabbedoe-“voorman” boonop in ’n
uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. En in En die verlange bly het
skatryk sosiale vlinder Wouda Kellerman jarelank haar neus opgetrek
vir Nak, al sê hy van kleintyd af hy gaan met haar trou. Toe die
resessie vir haar en haar ouers armoede bring, is Nak haar enigste
toevlug. Maar nou lê Wouda elke aand en luister beangs na die
naggeluide op die wildplaas Nhlangani en wonder hoe Nak so kon
verander het . . .
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624076780
Publisert
2016
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter