Wie was die eerste mense van Suid-Afrika? En wie het daarna gekom? Hoe
het die interaksie tussen Afrikaners, die Britse regering en swart
mense die land help vorm? Waar staan ons vandag as 'n nasie? In
hierdie boek span gerekende Suid-Afrikaanse historici saam om hierdie
en ander vrae oor ons verlede te beantwoord. Onder leiding van die
bekende prof. Fransjohan Pretorius gaan hulle terug na die oorsprong
van die aarde en beweeg daarna deur die kernmomente in die
Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar is hoofstukke oor onder meer die
Nederlandse era aan die Kaap, die minerale revolusie, die
Anglo-Boereoorlog, Afrikanernasionalisme, die apartheidstaat, swart
politieke verset en Suid-Afrika na 1994. Die skrywers bied 'n
gebalanseerde blik op waar ons vandaan kom en gee onder meer ook
erkenning aan Afrikaners se rol in die land se ontwikkeling.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624058014
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Tafelberg
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter