CNA-prys (1992), M-Net-prys (1992), Helgaard Steyn-prys. Kroniek uit die doofpot (1991) is die aangrypende en onthutsende verhaal van ’n swart polisieman se soeke na geregtigheid en dis gebaseer op die werklikheid. Ten spyte van sy armoedige kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat, verwesenlik Tumelo John Moleko sy droom om by die polisie aan te sluit. En uiteindelik kan hy ’n huis en motor vir sy gesin bekostig en in sy eie tuin werk: Dus, die lewe van ’n gewone, eerbare man. Op ’n dag word Tumelo egter onregverdig beskuldig en ’n hou teen sy oor is die begin van doofheid en eindelose mediese probleme. Wanneer hy ’n klag lê teen sy senior kollega, kolonel Van Niekerk, loop hy hom teen ’n muur van korrupsie en rassisme vas. In die nag van 30 November 1987 is polisieman Tumelo in sy huis met sy vrou Busi deur ’n paar oud-kollegas vermoor. Die roman is sober aangebied, maar die leser weet waarop dit onvermydelik afstuur – daarin lê die spanning en tragiek.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780798173094
Publisert
2017
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok

Forfatter