Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie
ʼn lewe aanmekaar. 'n Gemeenskap op die Kaapse Vlakte bloei op die
snypunt van politieke ordes, bende-base en godsdiensleiers. Soms is
daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is soos
liefde: dit sal ʼn pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal
Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die
geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ʼn
gemeenskap, ʼn verhaal veel groter as dié van individuele karakters.
Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre
Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ʼn sosiale
werklikheid oop tot op die been.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624080015
Publisert
2016
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Tafelberg
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter