Krizelda en Alwyn is albei studente van Pretoria – hy afgestudeer
met ’n BA Honneurs en sy ’n naïewe tweedejaartjie – wat mekaar
tydens ’n vakansie op Margate ontmoet. Gou is hulle halsoorkop
verlief en trouplanne volg vinnig. Krizelda moet egter eers haar
studie voltooi en Alwyn is op pad Washington toe vir ’n jaar
ondervinding in die Amerikaanse koerantwese. Sy vlug word deur ’n
tornado van koers gedwing en tydens ’n noodlanding in New York slaan
die vliegtuig aan die brand. Alwyn is ernstig beseer en ly aan
geheueverlies. Krizelda vind uit sy is swanger en haar konserwatiewe
pa jaag haar uit die huis. Sy kan Alwyn op geen manier opspoor nie en
vind toevlug by haar tannie, maak haar kind alleen groot en ontwikkel
’n wrok teenoor Alwyn, wat haar immers skynbaar in die steek gelaat
het. Maar ná ses jaar, midde-in griewe en misverstande, is daar ’n
herontmoeting toe hy haar baas word. Krizelda is so verbitter teenoor
mans en veral Alwyn, en hy het boonop ’n Britse nooi . . . Sal hul
harte ooit onthou wat eens was, en die pad terug daarheen vind?
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624063742
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Satyn
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter