Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die
bewussyn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een.
Hulle is een, maar soms moet die een die knie voor die ander een buig
. . . Die geheim lê by aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself
is. Oplaas ’n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. In
’n klein tuinwoonstelletjie sit en luister ’n oudonderwyser een
stormagtige aand na ’n vrou wat met heimwee sing van ’n rivier in
’n ander land, van die verlies van ’n vaderland, en van ’n
koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag . . .
Dat die verlede ’n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing
terug na waar alles begin het. Op ’n dag, ’n hond is ’n
besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en
weerspieël eindelik ’n merkwaardige insig in die mens se lot. Dit
is ’n aangrypende roman en word, soos altyd, gekenmerk deur Miles se
aweregse humor.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798174336
Publisert
2016
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter