Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op elke bladsy en vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel. Hierdie boek is geskep in samewerking met ’n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, en is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer. Die boek bevat ook heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig, en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede.
Les mer
Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere en beroepe tot plaaslewe.
Les mer
Dorling Kindersley is 'n markleier op die gebied van niefiksie vir kinders, en hierdie toeganklike boek met sy lewendige, maklik verstaanbare teks en helder prente is nog 'n wenner uit die DK-stal, nou beskikbaar in Afrikaans;Saam met ‘n vooraanstaande opvoedkundige konsultant ontwikkel;Geskik vir pre-lesers en beginnerlesers;Baie besprekingspunte en toepaslike temas om taalontwikkeling en kommunikasie aan te moedig
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780799391817
Publisert
2019-01-01
Utgiver
Penguin Random House South Africa
Vekt
200 gr
Høyde
276 mm
Bredde
216 mm
Dybde
10 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Innbundet
Antall sider
64

Oversetter