’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Skilpad op ’n dag besluit hy wil vlieg, lag lekker vir Hasie se slim plan om Olifant en Seekoei te laat toutrek, en ontdek wat gebeur as Wolf op ’n dag skaap-klere aantrek! Die Ek lees self-reeks bestaan uit ses pragtig geïllustreerde boeke, elkeen met ’n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginner-lesers dit maklik kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.
Les mer
’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy vir jou kind kan gee! Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Rooi Hen op ’n dag besluit om brood te bak, leer saam met Sprinkaan werk, en ontmoet ’n padda wat op ’n dag baie, baie kwaad geword het...
Les mer
In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

Produktdetaljer

ISBN
9780639600727
Publisert
2020-05-18
Utgiver
LAPA Publishers
Vekt
500 gr
Høyde
212 mm
Bredde
137 mm
Dybde
15 mm
Aldersnivå
E, 04
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
24

Forfatter
Illustratør

Biografisk notat

Wendy Maartens het grootgeword op Worcester, waarna sy op George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans op Melkbosstrand. Wendy is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak. Sy is die skrywer en samesteller van boeke soos Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, Vertel vir my ’n storie, Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories, en Towertapyt.