Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie – ’n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan ’n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om ’n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag ’n beroemde modeontwerper te word. Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef – en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!
Les mer
Lulu verjaar en kry ‘n ponie vir haar verjaarsdaggeskenk! Sy begin met rylesse en vind uit van die groot ryskoolpiekniek. Al die ruiters en hul ponies gaan kostuums dra en sy kan nie wag om hare te ontwerp nie! Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef en Lulu beland in haar grootste avontuur nog…
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780799389371
Publisert
2019-01-01
Utgiver
Penguin Random House South Africa
Vekt
200 gr
Høyde
212 mm
Bredde
137 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
72

Forfatter

Biografisk notat

Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies en ’n M.E.R.-prys ingepalm. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en Offers vir die vlieë wen 2019 se kompetisie.