Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy sê een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. “My kinders het grootgeword met stories – van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder ’n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou ’n leesreeks skryf wat vir lesers – en ouers! – ’n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Les mer
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend.
Les mer
ISBN
9781776250967
Publisert
2022-01-28
Utgiver
Pan Macmillan South Africa
Høyde
203 mm
Bredde
133 mm
Aldersnivå
JC, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
24
Forfatter