Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.

Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …

Les mer
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak.

Produktdetaljer

ISBN
9781776250226
Publisert
2020-06-01
Utgiver
Pan Macmillan South Africa
Høyde
203 mm
Bredde
133 mm
Aldersnivå
00, G, 01
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
48

Forfatter
Illustratør

Biografisk notat

Wendy se eerste kinderboek het in 2005 verskyn toe sy ’n onderwyseres vir die grondslagfase was. In 2007 het sy die onderwys vaarwel geroep en ’n voltydse skrywer geword. Sedertdien het sy 52 boeke vir kinders geskryf en word sy beskou as een van die suksesvolste kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Sy woon op die Weskus saam met haar kat en papegaai. Sy hou van tuinmaak, bokkoms, vye, tuisgebakte brood en om kaalvoet te loop. Yolandi Prins is ’n illustreerder van Pretoria. Sy is ‘n kunsonderwyser en het ook sedert 2016 haar eie besigheid, Mooies, waar sy illustrasies op stukke hout skep. Haar ander belangstellings is tuinmaak en fotografie en sy word geïnspireer deur haar twee kinders wat haar nuuskierigheid en speelsheid na vore bring.