’n Vyte-boek vir almal. Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens. Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte. Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte! Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
Les mer
Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.
Les mer
’n Uiters humoristiese en satiriese “nonsensboek” om ouer kinders en tieners te vermaak; Onderwysers sal hierdie boek kan gebruik vir briljante voorbeelde van ironie en satire; Hierdie boek bied uitstekende opvoedkundige waarde omdat dit ideaal is om in die klas te gebruik.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780639600406
Publisert
2020-06-04
Utgiver
LAPA Publishers
Vekt
100 gr
Høyde
212 mm
Bredde
137 mm
Aldersnivå
Y, 03
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
64

Forfatter
Illustratør

Biografisk notat

Linki Brand hou van teken en stories. Sy is in die 1980’s in Potchefstroom gebore. Sy het haar kinderjare deurgebring in Pretoria en later Venterstad in die Karoo. Sy studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwes-Universiteit en is in die geheim opgewonde oor illustrasie. Linki woon in in Bergen, Noorweë, saam met haar man, Werner, dogter, Fia en seuns, Ben en Lukas. In 2021 is sy aangekondig as een van die finaliste in die 2020 Pendoring-toekennings vir ontwerpkuns.