Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste
spanningsroman! By ’n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner
raak. Oornag verander haar bestaan, en ná ’n naweek op Houwhoek
weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so
ingrypend dat haar en Dirk se pad móét kruis met dié van Ivan
Malan, die man met die sagte stem en emosielose oë, opgelei deur die
agente van die semi-militêre Firma om mense te manipuleer of te
elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas – hy het
geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele
uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As dié kennis
nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor.
Daar sal hy die “liasseerkabinet van die dood” ooptrek.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624056324
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter